Werkmetodiek

 

Inhoud se struktuur

Vir elke volume is die volgende beskikbaar:

– Werkboek
– Werkboek op PowerPoint skyfies
– Studiegids (om bykomstige inligting te voorsien)

Wat jy moet weet

Beide die jeug en volwassenes sal by die studie van hierdie boeke baat kan vind.

Die doel met die skryf hiervan was om die Ware Openbaring aan volgelinge van wêreldgodsdienste en evolusionisme te gebruik.

Hierdie boeke is oorspronklik in Engels geskryf. Daarom kan vertalings hiervan met die oorspronklikes op die webblad vergelyk word.

Persone wat hierdie boeke gebruik, word vriendelik aangeraai om al die dokumente op hierdie webblad af te laai en vir gerief en toekomstige gebruik te stoor.

As jy n soeker is wat net wil lees waaroor die Ware Openbaring self handel, kan jy die studiegids van Volume 1 lees.

Wie kan hierdie boeke gebruik?

Ouers, om hul kinders te onderrig

Enige persoon wat die ware God wil leer ken

Christelike jeugorganisasies

Kerke – om die jeug en volwassenes toe te rus

Bybelstudiegroepe

Bybelkolleges

Sendinggenootskappe

Skole*

*Volume 1 en 4 is geskik vir gebruik in Christen-privaatskole en selfs in staatskole.

Hierdie boeke is geskik vir gebruik deur leerders in senior grade in laerskole, asook deur leerders in hoërskole.