Wie is ons

 

Die True Revelation Trust is in Suid-Afrika geregistreer om die Ware Openbaring te versprei. Die skrywer het ’n duidelike roeping ontvang om hierdie boeke te skryf. Mag die Here verheerlik word deurdat baie mense dit sal lees en ook sal gebruik om ander te onderrig in die waarheid wat die Bybel ons leer.

Hierdie dokumente kan afgelaai en gratis gebruik word. Daar is kopiereg op die dokumente wat op hierdie webwerf verskyn. Dit beteken: Niemand mag veranderinge aan die inhoud van die boeke aanbring nie, maar die boeke mag vertaal word.

Oor die skrywer

Danie Haasbroek het Bybelse tale en filosofie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys bestudeer. Daarna was hy ses jaar lank predikant in ‘n gemeente – en toe vir veertien jaar voltydse organiseerder van jeugwerk by die Christen-Studentevereniging van Suid-Afrika. Sedertdien spits hy hom toe op die skryf van boeke om die Bybelboodskap te verduidelik.

VISIE

Om die Ware Openbaring te versprei aan soveel mensegroepe en in soveel tale as moontlik.

MISSIE

Om lesers en soekers te help om die Ware Openbaring te ontdek.